By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
VAN DIE REDAKTEUR
Idees
STADSTIL • Hierdie oase in die Kaapse middestad is 'n skatkis van geliefde objekte en sentimentele vondste wat die eienaar by markte raakgeloop het.
SNOESIGE WINTER • Jou slaapkamer is die plek waar jy saans rustig wil raak. Hier is 'n paar idees om jou kamer mooi en knus te versier vir die kouer maande.
WINTER-TROOS • HIERDIE WARM GEREGTE SAL BESLIS JOU LYF EN JOU SIEL TROOS OP 'N KOUE DAG.
KRAAKLEKKER KAASKOEKIES • Hierdie ryk, romerige mini-kaaskoekies met 'n krakerige brûlée-bolaag is voorwaar 'n fees vir al die sintuie.
OUMA SE KOS • Een van die gewildste trends op die oomblik is oumas se kookkuns. Hulle kook op YouTube, Instagram en TikTok en bied kookklasse aan in hul kombuise. En hul jonger gehore is gek daarna.
SWARTWERK • Gebruik swart borduurwerk vir interessante nuwe details in jou huis.
sleep well
NOOIT TE VEEL FLUWEEl • GEBRUIK FLUWEEL OM ELKE KLEIN HOEK IN JOU HUIS OP TE KIKKER EN 'N GEVOEL VAN WARMTE EN WEELDERIGHEID TE SKEP, NET BETYDS VIR DIE WINTER.
TAPISSERIEPLESIER • In tweedehands- en hospice-winkels kan jy 'n skat van weggooi-tapisserieë kry wat ideaal is om omgetower te word in gebruiksgoed met flair.
SKATTEBOL • Brei hierdie fraai truitjie vir jou kleinding. Die borduurwerk maak dit ekstra spesiaal.
PRAGTIG IN PIENK • Bly warm in die koue in dié besonderse trui met sy ombree-kleure.
KUSSING WAT BLOM • Helder die winter op met 'n gehekelde strooikussing in vrolike kleure.
'N REDE OM TE LEEF • Die Japannese noem dit ‘ikigai’. Jou rede om te leef, dít wat jou soggens laat opstaan en aangaan. Om daar te kom moet jy vrede maak met die dinge agter jou en vorentoe mik om elke oomblik te geniet en voortdurend waarde tot jou lewe toe te voeg, skryf Martie Swanepoel.
BIND 'N BOEK • SPAN HIERDIE MAKLIKE JAPANNESE TEGNIEK IN OM JOU EIE MOOI NOTABOEKE TE BIND.
TEKEN MET GARE • PAPIER IS NIE NET VIR INK- OF POTLOODSKETSE NIE, DIS OOK DIE PERFEKTE DOEK OM MET ALLERLEI SOORTE GARINGDRAAD TE TEKEN.
LIEWE WÊRELD… • Of dit 'n beroemde uit die geskiedenis se skrywe is of 'n kleintydpenmaat se briefie, daar is 'n permanensie aan die handgeskrewe woord. Jy kan 'n brief bêre en telkens elke woord van voor af beleef, soos dit ook in ons harte ingeskryf word en wêrelde oopmaak.
LEER MET POSSEËLS • Wonder jy wat om met jou ou posseëls te doen? Ilze Brüggemann deel 'n klompie kreatiewe voorstelle om kinders allerlei te leer.
DIE KALM LEWE • Ontdek die kalmte wat opgesluit is in die alledaagse met dié eenvoudige handwerkprojekte wat jou lewe sal verryk. Ervaar die skoonheid van stadiger leef, een vreedsame oomblik op 'n slag.
OP JOU LEESLYS
JUL IDEES • Ons hoor graag van jou! Vertel vir ons meer oor jouself, wat jou inspireer en waarmee jy alles besig is. E-posse en foto's is welkom.